Graad 12 Lewenswetenskappe 3 in 1 KABV Deel 2

R159.00

Rated 5.00 out of 5 based on 1 customer rating
(1 customer review)

Product Description

Liesl Sterrenberg, Helena Fouché & Grace Elliott

ISBN: 978-1-920568-86-3

Hierdie boek is DEEL 2 van ‘n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geïmplementeer is, breedvoerig dek.

Dit bevat die 2 Kennisareas wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geëksamineer word:

  • Lewe op die Molekulêre, Sellulêre en Weefselvlak
  • Diversiteit, Verandering en Kontinuïteit

Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied:

  • Breedvoerige NOTAS per module
  • Vrae en ‘Snelvure’ per module
  • Gedetailleerde memo’s

Hierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoëns en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings.  Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe.

Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee.

Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. ‘n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor.

Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.

1 review for Graad 12 Lewenswetenskappe 3 in 1 KABV Deel 2

  1. Rated 5 out of 5

    bianca

    Lewenswetenskap my vak

Add a review