Graad 10 Wiskunde 3 in 1 KABV

R159.00

Product Description

Anne Eadie & Gretel Lampe

ISBN: 978-1-920297-80-0

In hierdie alles-in-een publikasie word die KABV-kurrikulum uiters deeglik behandel. Dit bied ’n ‘nuwe begin’ aan leerders met leemtes in hulle begrippe van vroeëre jare.

Dit bevat:

  • Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde per onderwerp
  • Oefeninge wat gegradeer is om die logika en tegnieke wat in elke onderwerp vereis word, te bevorder
  • Gedetailleerde Oplossings vir alle oefeninge

plus ’n omvattende eksamen (vraestel 1 & vraestel 2) met volledige verduidelikings vir deeglike vaslegging en finale eksamenvoorbereiding.

Hierdie 3 in 1 studiegids stel leerders in staat om hul volle potensiaal in Graad 10 te bereik en die leerder se begrip word deur stap-vir-stap notas uitgebrei ten einde sukses in Graad 11 en 12 Wiskunde te verseker, veral in Algebra, Euklidiese en Analitiese Meetkunde en Trigonometrie.

Deur die noukeurige uitgesoekte oefeninge te doen, ontwikkel leerders vaardighede ten opsigte van elke onderwerp en sodoende word selfvertroue en kennis bevorder.

Die leerder BEGRYP wat geleer word, leer om wanbegrippe te oorkom en verstaan uit die staanspoor al die konsepte uit eerste beginsels.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Graad 10 Wiskunde 3 in 1 KABV”