Graad 8 Wiskunde 2 in 1 KABV

Product Description

Anne Eadie, Gretel Lampe & Tracy Howie

ISBN: 978-1-920686-67-3

Hierdie Graad 8-Wiskunde studiegids bied ’n deeglike inleiding tot kritieke Wiskundige konsepte soos Algebra en Meetkunde. Hierdie grondslag is noodsaaklik en deurslaggewend vir die leerder se opbou van logiese denke, kennis en selfvertroue in hierdie uiters belangrike vak.

Hierdie 2 in 1 publikasie sluit in:

  • Onderwerpgebaseerde Vrae & Antwoorde – om die begrip van teorie, tegnieke & konsepte in elke onderwerp te ontwikkel
  • Eksamenvraestelle & Memo’s – om die teorie in die praktyk toe te pas en om konsepte op ‘n geïntegreerde manier vas te lê

Die onderwerpgebaseerde afdeling stel elke konsep bekend en ontwikkel die begrip daarvan deur gegradeerde vrae oor elke onderwerp. Omvattende antwoorde vir alle vrae word verskaf, met leiding in die vorm van baie ekstra wenke en raad in inligtingsboksies.

Die tweede afdeling is ’n verskeidenheid eksamenvraestelle. Volledige oplossings met ekstra verduidelikings, notas en wenke word verskaf om die leerder se vaardighede in eksamentegniek te ontwikkel.

In hierdie uitdagende vak sal hierdie studiegids vir leerders op alle vlakke van bekwaamheid, voordelig wees.

Category:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Graad 8 Wiskunde 2 in 1 KABV”