Graad 9 EBW 3in1

R159.00

Rated 5.00 out of 5 based on 1 customer rating
(1 customer review)

Product Description

Jason Collins, et al.

ISBN: 978-1-928354-75-8

Hierdie 3 in 1 KABV studiegids neem een van die mees uitdagende vakke in Graad 9 en bied die inhoud op ‘n aanloklike, maklik toeganklike manier aan.

Die drie modules is in duidelik afgebakende onderwerpe van hanteerbare grootte gerangskik, en bied:

  • Verduidelikende Notas
  • Voorbeelde, Aktiwiteite en ‘n Eksamenvraestel
  • Gedetailleerde Antwoorde en ‘n Templaatboek (fotokopieerbaar)

Die logiese benadering en duidelikheid van die notas lei die leerder met gegradeerde vrae en antwoorde met verduidelikings deur elke inhoudsarea om deurlopende selfassessering te bied.

Eenvoudige, leerdervriendelike diagramme plaas die inhoud in konteks. Leerders word in elke module gehelp om die inhoud in perspektief te sien en hul vaardighede te bemeester.

Hierdie studiegids bied ‘n kragtige inleiding tot Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies in die hoër grade. Onderwysers en leerders, op verskillende vlakke van belangstelling en begrip, sal hierdie boek as ‘n wenner beskou.

Categories: , ,

1 review for Graad 9 EBW 3in1

  1. Rated 5 out of 5

    Renscia Spangenberg

    Dit help selfs die ouer wat as skolier dit nooit verstaan het nie! Baie dankie. Dit is van groot hulp – selfs vir ‘n Gr.8-leerder wat met die begrippe sukkel. Ek is so spyt ek het nie laasjaar al die boek gebruik nie. Dit word stap-vir-stap verduidelik en die samevattende en opsommende wyse van inligting is van groot hulp. Al wat ‘n leerder moet doen is LEES die verklaring en DOEN die stappe! Die Antwoord gee die antwoord.

Add a review